Die Ladismith Eko-Fees het sy ontstaan gekry toe daar deur die
bestuur van die Ladismith Landbou Genootskap besluit is om, in
stede van die normale perde landbouskou, ‘n gemeenskaps fees
aan te bied.

Kenmerkend van die Ladismith Distrik is die hoë gehalte wyne wat
vervaardig word deur die Ladismith wyn en brandewyn kelder,
sowel as die geurigste kase van ons kaasfabrieke en uitvoer
kwaliteit vrugte.

Alhoewel plaaslike wyne en kase tydens die fees bekendgestel
word, is die fees se fokus om besoekers bloot te stel aan ons
streek se natuurskoon. Die gewilde en suksesvolle
Seweweekspoort bergfiets wedren
wat elke jaar van krag tot krag
gaan, het reeds Kannaland se eko-toerisme potensiaal begin
ontwikkel en deur die eko-fees, wat nou vir die vierde keer
aangebied sal word, wil ons ook vir die 4 X 4 liefhebbers sowel as
vierwiel motorfiets eienaars, stappers en drawwers akkommodeer.

Met u getroue ondersteuning jaar na jaar het die Eko- fees 'n
jaarlikse instelling geword wat tot voordeel strek vir die hele
gemeenskap van Kannaland.
Met amper 'n 1000 besoekers wat die fees jaar na jaar sedert 2007
al besoek het, sal 2011 se fees, wat nog meer en beter aktiwiteite
bevat, voorwaar net nog groter en beter wees!